S v Kwepile (33/1993) [1997] ZASCA 113 (1 December 1997)


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

evdw/ Saaknommer : 33/93

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

In die appèl van

BALEKILE KWEPILE Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Hof : F H Grosskopf, Olivier ARR en

Van Coller Wnd AR

Verhoordatum : 18 November 1997

Uitspraak gelewer : 1 Desember 1997

UITSPRAAK

2

OLIVIER AR

Die appellant, 'n 28-jarige manspersoon, het as beskuldigde 2 saam met Silulmi Nyali, 'n 20-jarige manspersoon (beskuldigde 1), tydens 'n sitting van die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof te Oos-Londen op vier aanklagte tereggestaan.

In aanklag 1 is dit die beskuldigdes ten laste gelê dat hulle op 28 November 1991 naby die plaas Causeway, Gonubie, distrik Oos-Londen, vir mev Lynette Ann Wiggil, 'n 51-jarige vrou, vermoor het.

Aanklag 2 lê hulle ten laste dat hulle op dieselfde tyd en plek die gesegde Wiggil verkrag het; aanklag 3, dat hulle op dieselfde tyd en plek haar van haar vryheid beroof het en aanklag 4 dat hulle haar van 'n Mercedes Benz-motorvoertuig met registrasieletters en -nommers CE 94100 en 'n bedrag kontantgeld beroof het.

Die appellant is op 13 November 1992 deur Rein Wnd R en twee

3

assessore aan moord en verkragting skuldig bevind en is daama ter dood veroordeel op die moordklag en 'n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf is hom opgelê ten aansien van die verkragtingsklag. Die appellant kom in hoër beroep na hierdie Hof teen die skuldigbevinding en vonnis op die moordklag in terme van die bepalings van artikel 316 [A](l) van die Strafproseswet, 51 van 1977. Verlof is deur hierdie Hof aan hom verleen om ook teen die skuldigbevinding en vonnis op die aanklag van verkragting te appelleer.

Die oorledene het saam met mnr Edward Ashdown op die plaas Causeway gewoon. Op die oggend van 28 November 1991 om ongeveer 10h30 het sy die plaas verlaat met die genoemde Mercedes Benz vir 'n besoek aan Oos-Londen. Toe sy daardie aand om ongeveer 18h00 nog nie tnisgekom het nie, het mnr Ashdown begin navraag doen en na haar begin soek. Hy het die Mercedes Benz ongeveer een-en-'n-half tot twee

4

kilometer vanaf die plaashuis op die pad na Oos-Londen aangetref, waar dit met die neus in die rigting van Oos-Londen langs die pad gestaan het. Dit was toe al donker. Mnr Ashdown kon die oorledene nie op die toneel vind nie. Die motor was egter nie gesluit nie en die oorledene se handsak was op die voorste sitplek. Die sleutels van die motor was in die aansluitslot in die aan posisie en die battery was afgeloop. In die handsak was die oorledene se leë beursie waarin daar ongeveer R10 was toe sy die plaas verlaat het. Mnr Ashdown het toe met die polisie in verbinding getree en 'n soektog is op tou gesit. Die hggaam is later deur die polisie gevind.

Uit die getuienis van die ondersoekbeampte het dit geblyk dat mev Wiggil se voertuig tot stilstand gebring is, na alle waarskynlikheid, deurdat 'n ou boomstomp dwarsoor die pad geplaas is; dat die voertuig vandaar nog ongeveer 200 meter vêr op die pad beweeg het, maar die pad verlaat en op groot klippe tot stilstand gekom het; dat die oorledene uit die

5

voertuig geneem is en vir ongeveer 20 meter in die ruie bosse langs die pad gesleep is en dat sy volgens alle aanduidings daar verkrag en toe vermoor is. Sy is om die lewe gebring deurdat sy verwurg is en groot, swaar klippe op haar kop en borskas gegooí is. Dr Wingreen, die distriksgeneesheer van Oos-Londen wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, het die beserings wat die oorledene opgedoen het as van die ergste wat hy nog gesien het, beskryf. Volgens sy getuienis en die beserings was sy klaarblyklik voor haar dood verkrag.

Ten tyde van dié tragiese gebeure was beskuldigde 1 by sy ouers op die plaas Causeway van mnr Ashdown woonagtig. Appellant het op 'n buurplaas gewoon.

Die twee beskuldigdes is die dag na die moord in hegtenis geneem. 'n Afdruk van beskuldigde 1 se handpahn is aan die buitekant van die Mercedes Benz se regteragterruit gevind. Dit is ook gedurende die verhoor

6 bewys dat daar geen "onskuldige" wyse was waarop hierdie païmafdruk op

die motorvoertuig kon beland het nie. Beskuldigde 1 het by die aanvang

van die verhoor onskuldig gepleit en 'n pleitverduideliking aangebied.

Daarvolgens het hy erken dat hy op die betrokke dag op die toneel was

waar die vier beweerde misdade gepleeg is, maar sê dat hy nie daaraan

deelgeneem het nie. Hy het nie getuig nie. Die verhoorhof het hom aan

die ten laste gelegde moord en verkragting skuldig bevind. Hy is ten

opsigte van die moordklag tot 16 jaar gevangenisstraf en vir die verkragting

tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Daar is geen appêl ten aansien van

beskuldigde 1 voor hierdie Hof nie.

Die appellant is aan die moord en verkragting skuldig bevind,

hoofsaaklik op grond van 'n bekentenis wat hy aan kaptein Schwartz van

die S A Polisie gemaak het. Daarbenewens is sy alibi-verweer verwerp.

Op die moordklag is hy ter dood veroordeel en op die verkragtingsklag tot

7

10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op appèl is die toelating van die bekentenis en die verwerping van die alibi-verweer aangeval.

Voordat hierdie aspekte in besonderhede behandel word, is dit nodig om na 'n ongelukkige aspek van die saak te verwys. Dit is die beweerde onreëlmatige gedrag deur die verhoorregter, Rein Wnd R, in die loop van die verhoor. Die kritiek op die verhoorregter se gedrag is wydlopend en indringend en verg, uit die aard van die saak, ernstige en noukeurige oorweging.

Die reg van 'n aangeklaagde op 'n billike verhoor word nou erken en bestendig in art 35(3) van ons Grondwet, wet 108 van 1996, maar is so oud soos die wortels van ons reg self. Die beginsel dat reg nie alleen moet geskied nie, maar dat dit klaarhelder moet wees dat reg geskied, is al tot 'n truisme verhef. Dit verg van die regterlike beampte om die verhoor só te behartig dat sy objektiwiteit, onpartydigheid en regverdigheid sigbaar en

8

klaarblyklik is aan almal wat betrokke is by die verhoor en die resultaat daarvan, veral die beskuldigde (síen veral S v Rall 1982(1) SA 828(A) op 831 in fine tot 832 B; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira 1971(2) SA 586(A) op 589 G; Solomon and Another NNO v De Waal 1972(1) SA 575(A) op 580 H en S v Mabuza 1991(1) SASV 636(0) op 638 g - i).

Om reg te laat geskied aan die appellant se onreëlmatigheidsbesware, is dit dienlik om dié klagtes onder verskeie rubrieke te sistematiseer. 1. Onredelike ongeduld

Onder hierdie hoof is aangevoer dat die verhoorregter se gedrag van meet af aan deur onredelike ongeduld, grensende aan iesegrimmigheid, gekenmerk is. Dit het daartoe aanleiding gegee, so is aangevoer, dat die regter figuurlik gesproke na die stof van die arena gedaal het, dat sy visie as gevolg daarvan verduister is en dat hy gevolglik nie in staat was om die

9

geskilpunte behoorlik te beoordeel nie (vgl S v Mabuza supra op 638 g-i).

Daar is ongetwyfeld meriete in die aantyging van ongeduld aan die kant van díe verhoorregter. Die oorkonde wemel van voorbeelde en dit is ondoenlik om elkeen te noem en te bespreek. Ek noem 'n paar:

Sommer met die intrapslag loop die staatsadvokaat en die advokaat vir beskuldigde 1 deur omdat die hof nie betyds begin het nie. Terwyl hulle die posisie probeer verduidelik, word hulle nie minder nie as sewe keer deur die regter onderbreek.

Die regter was by geleentheid ongeduldig teenoor die appellant se advokaat, bv by een geleentheid toe sy versoek het om instruksies van haar kliënt te kry en sy slegs vyf minute gegun is. Daar is egter ook 'n aantal voorbeelde in die oorkonde waar die regter die appellant se advokaat gehelp het en waar hy haar voldoende tyd in die loop van die verhoor gegee het om met die appellant te konsulteer. Ook moet daarop gewys word dat baie

10 van die onderbrekings en ongeduld toegeskryf kan word aan ietwat

onbeholpe kruisondervraging. Die advokaat is dan ook by geleentheid

onderbreek deur die verhoorregter wat die relevantheid van haar vrae

bevraagteken het.

Die verhoorregter het moontlik nie die vermaninge, gerig aan alle

regterlike beamptes deur hierdie Hof in S v Sallem 1987(4) SA 772(A) ten

aansien van regterlike ongeduld, voor oë gehou nie. In daardie uitspraak

het Steyn Wnd AR ondere andere opgemerk (op 785 F-G):

Ongeduld is iets wat 'n regspreker waar moontlik moet vermy en in elk geval altyd streng moet beteuel. Dit kan sy insig belemmer, sy oordeel verswak en 'n indruk van vyandigheid of vooroordeel wek by die persoon teen wie dit gerig is. Wanneer daardie persoon 'n beskuldigde is, sal so 'n indruk behoorlike regspleging tot meerdere of mindere mate ondermyn na gelang van die geval. Dit kan die regspleging ook heeltemal verongeluk.

11 En weer (op 791 I-J tot 792 A):

'n Regsspreker kan sy veeleisende en maatskaplik-belangrike pligte slegs na behore nakom as hy ook wagstaan oor homself, aandagtig is aan sy eie swakhede (soos ongeduld) en persoonlike sienings en nukke, en hulle steeds beteuel. Deur te versuim om sy ongeduld te beteuel het die landdros ook hierdie plig ten aansien van sy eie persoon nie nagekom nie.

Regterlike ongeduld maak nie alleen inbreuk op die reg op waardigheid van advokate en prokureurs, hofamptenare, polisiebeamptes, getuies en beskuldigdes nie, maar tas ook daardie respek vir die hof en die regstelsel, waarsonder 'n staat nie kan funksioneer nie, aan. 'n Regspreker wat weens onbeteuelde ongeduld die waardigheid van andere nie respekteer nie, kan beswaarlik self op respek aanspraak maak.

Ek het die regter se optrede in die onderhawige saak vergelyk met dié van die landdros wat in S v Sallem, supra, ter sprake was, Daardie geval

12

was egter opsigtelik veel erger. Twee regsverteenwoordigers het hul aan die verrigtinge onttrek; 'n bevinding dat die appellant grof nalatig was deur te versuim om betyds vir behoorlike regsverteenwoordigmg te reël - en wat die hele vehoor beïnvloed het - was verkeerd; die landdros se oprrede, so is bevind, het die beskuldigde direk en emstig benadeel en die beskuldigde self het gekla: ". . . daar is iets aan die gang wat ek nie kan verstaan nie ..." In die geval voor ons kan 'n mens nie die vinger lê op enige direkte nadelige uitwerking wat die regter se ongeduld op die appellant in die voer van sy saak gehad het nie. Daar is nooit deur die appellant se advokaat teen die regter se optrede beswaar gemaak nie. Geen aansoek vir sy rekusering is gedoen nie en daar is ook nie gevra vir die aanbring van 'n spesiale aantekening nie. Daarmee sê ek nie dat gemelde versuim die regter se optrede verskoon nie; alleen maar dat dit aanduidend is van die toentertydse effek van die tans aangevoerde regterlike ongeduld.

13 Ek het die oorkonde noukeurig nagegaan, maar kan nie bevind dat

die appellant in enige opsig benadeel is nie. Ten spyte van die regter se

optrede is die nodige vrae gevra en alle getuienis wat appellant kon

aanbied, is voorgelê.

Op sigself het die beweerde regterlike ongeduld nie die appellant in die voer van sy saak benadeel nie en kan dit dus nie, alleenstaande, as 'n onreêlmatigheid aangemerk word nie. 2. Die lei van staatsgetuienis

Dit word die verhoorregter verder ten laste gelê dat hy die hoofondervraging van verskeie staatsgetuies óf byna in die geheel óf ten aansien van wesenlike aspekte oorgeneem het tot so 'n mate dat daar weinig oorgebly het vir die staatsadvokaat om te doen, Daardeur, so is aangevoer, is die indruk van partydigheid ten gunste van die staat geskep. Ek noem 'n paar voorbeelde:

14

Na slegs 'n paar inleidende vrae aan dr Wingreen, neem die regter die hoofondervraging vir nie minder nie as tien bladsye uit die oorkonde, oor.

Gedurende die binneverhoor was dit duidelik dat die getuienis van sersant Beckermann van belang sou wees. Na slegs vier inleidende vrae deur die staatsadvokaat neem die regter oor. Later vra die staatsadvokaat een enkele vraag, waama die regter weer oorneem. Hy stel vrae van kardinale belang, o a of die twee beskuldigdes in aparte selle aangehou is.

Dr Hairwadzi het ook getuig oor moontlike beserings aan die appellant. Nadat 'n paar inleidende vrae aan hom gevra is, neem die regter weer die hoofondervraging oor. Dit laat uiteindelik die staatsadvokaat met een enkele vraag om in hoofondervraging te steL

Ter verdediging van die optrede van die regter in hierdie opsig is veral gesteun op die nou bekende dictum van Curlewis AR in R v Hepworth 1928 AD 265 op 277:

15 A criminal trial is not a game . . . and a judge's position . . . is not merely that of an umpire to see that the rules of the game are observed by both sides. A judge is an administrator of justice, he is not merely a figurehead, he has not only to direct and control the proceedings according to recognised rules of procedure but to see that justice is done.

Dit sou veel beter gewees het as die verhoorregter die hoofondervraging van die staatsgetuienis aan die staatsadvokaat oorgelaat het. Die ongeduld waama ek reeds verwys het, het blykbaar die oorhand gekry. Maar, weer eens, kom dit nie voor asof die appellant benadeel is deur die regter se optrede nie. Die getuienis was van 'n meer formele aard die regter se inmenging in hierdie gevalle was nie benadelend nie. 3. Beweerde kruisverhoor van verdedigingsgetuies

Daar is ook beswaar gemaak teen die verhoorregter se inmenging in die kruisverhoor van verdedigingsgetuies en van die appellant self.

16

Tydens die hoofondervraging van die appellant in die binneverhoor het die verhoorregter tussenbeide getree en vrae aan hom begin stel wat, so word aangevoer, die soort vrae is wat die staatsadvokaat normaalweg tydens kruisondervraging sal stel. Dit is ook gedoen deur die regter aan die einde van sy hoofverhoor en voor die kruisverhoor. Ook tydens sy kruisverhoor tree die regter toe. Nadat die advokaat vir die appellant aangedui het dat sy geen herverhoor het nie, word 'n hele aantal vrae deur die regter gevra.

Die verhoorregter het ook heelwat vrae aan appellant se getuie in die binneverhoor, Mej Ngwane, gestel. Haar getuienis is aangebied om aan te toon dat die appellant, wat beweer het dat hy deur die polisiebeamptes aangerand is, by die eerste moontlike geleentheid teenoor haar gekla het van die beweerde aantanding. Ek kom hieronder terug op die ongelukkige voorvalle in verband met mej Ngwane. Wat tans van belang is, is dat ook tydens haar kruisverhoor deur die staatsadvokaat en na afloop daarvan die

17

regter 'n hele aantal vrae aan haar gestel het.

Heelwat vrae is ook deur die verhoorregter aan die

verdedigingsgetuies, Lloyd en Kwepile, tydens hul hoofondervraging en

kruisondervraging gevra. Dit dien egter vermeïd te word dat baie vrae

gevra is om duidelikheid te kry aangaande wie die persone is na wie die

getuies verwys het. Die laaste probleem is nie by die laaste twee getuienis

ondervind nie. Dit moet hier ook in gedagte gehou word dat die bekentenis

waarin die appellant aandadigheid erken het, en wat nie met die alibi-

getuienis te versoen is nie, reeds as getuienis toegelaat was. Dit is dus te

verstane dat die regter sodanige vrae wou vra om die waarheid te probeer

vasstel. Die opmerkings van Trollip Wnd AR in S v Rall 1982(1) SA

828(A) op 831 C-D is hier van toepassing:

Inter alia a Judge is therefore entitled and often obliged in the interests of justice to put such additional questions to witnesses, including the

18 accused, as seem to him desirable in order to elicit or elucidate the truth more fully in respect of relevant aspects of the case.

Daar moet egter weer eens gewaarsku word, soos dikwels in die verlede gedoen is, teen regterlike ooraktivisme in die vorm van die kruisverhoor van getuies. (Sien veral S v Rall supra op 832 A-H; S v Sallem supra op 789 A-B; 794 F - 795 E; S v Meyer 1972(3) SA 480(A) op 482 F - 484 F).

'n Onlangse uitspraak van die Britse Appèlhof in R v Sharp [1994] (2)

WLR(CA) 84 op 94 H - 95 E som die posisie soos volg op:

When a judge intervenes in the course of examination, or particularly cross-examination, a number of problems can arise depending on the frequency and manner of the interruptions. First the judge may be in danger of seeming to enter the arena m the sense that he may appear partial to one side or the other. This may arise from the hostile tone of questioning or implied criticism of counsel who is conducting the examination or

19 cross-examination, or if the judge is impressed by a witness, perhaps suggesting excuses or explanations for a witness' conduct which is open to attack by counsel for the opposite party.

Quite apart from this, frequent interruptions may so disrupt the thread of cross-examination that counsel's task may be seriously hampered. In a case of any complexity cross-examination of the principal witnesses is something that calls for careful preparation and planning. It is the most important part of the advocate's art, because competent cross-examination is designed to weaken or destroy the opponenfs case and to gain support for the client's case. But it is easier said than done. If the judge intervenes at a cmcial point where the witness is being constrained to make an important admission, it can have an adverse effect on the trial.

In general, when a cross-examination is being conducted by competent counsel a judge should not intervene, save to clarify matters he does not understand or thinks the jury may not understand. If he wishes to ask questions about matters that have not been touched upon it is generally better to wait until the end of the examination or cross-

20

examination. This is no doubt a counseí of perfection and a judge should not be criticised for occasional transgressions; still less can it be said in such cases that there is any irregularity in the conduct of the trial or that the verdict is unsafe or unsatisfactory. But there may come a time, depending on the nature and frequency of the interruptions that a reviewing court is of the opinion that defence counsel was so hampered in the way he properly wished to conduct the cross-examination that the judge's conduct amounts to a material irregularity.

Die probleem is om te bepaal wat die regsgevolge van die beweerde regterlike inmenging in hierdie geval was.

Die gevolge van onbehoorlike regterlike inmenging is deur hierdie

Hof in S v Rall, supra, op 832 in fine tot 833 B soos volg vasgelê:

Now any serious transgression of the limitations just mentioned will generally constitute an irregularity in the proceedings. Whether or not this Court will then intervene to grant appropriate relief at the instance of the accused depends upon whether or not the irregularity has resulted in a

21 failure of justice (see the proviso to s 322(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977). That in tum depends upon whether or not the irregularity prejudiced the accused, or possibly whether or not this Court's intervention is required in the interests of public policy (cf S v Mushimba and Others 1977(2) SA 829(A) at 844H). Of course, if the offending questioning of witnesses or the accused by the Judge sustains the inference that in fact he was not open-minded, impartial, or fair during the trial, this Court will intervene and grant appropriate relief (cf, for example, S v Meyer 1972(3) SA 480(A) ).

In die onderhawige geval is die vraag dan of gemelde optrede die appellant benadeel het en indien nie, of openbare belang regstelling deur hierdie Hof verg.

Die inmenging deur die verhoorregter was werklik irriterend, selfs vir die leser van die rekord. Dit was onnodig, want die staatsadvokaat kon en moes sy eie funksie vervul het en daar was geen rede vir die inmenging nie. Tog is dit nie moontlik om te bevind dat die regter bevooroordeeld was of

22

'n vooringenome houding geopenbaar het nie. Dit is ook nie so betoog nie. Meeste van die vrae was inderdaad gerig om feitekennis te bekom en nie om 'n bepaaíde siening te onderskraag nie. Die vrae wat gevra is, was ook na my mening nie sodanig dat dit as kruisverhoor bestempel kan word nie. Wat die vrae aan die appellant betref, is dit klaarblyklik gevra as gevolg van die feit dat sy getuienis dikwels weersprekend was en die regter duidelikheid wou verkry.

Na emstige oorweging van die aangeleentheid meen ek dat dit nie gesê kan word dat wat hierdie aspek betref, die appellant benadeel is of dat openbare belang optrede vereis nie. Of optrede geverg word weens die laaste faktor genoem in die aangehaalde passassie uit S v Rall, supra, nl. of gemelde optrede die afleiding van bevooroordeeldheid kon gewek het, kom ek hieronder terug.

23 4. Die optrede teen mej Ngwane

Mej Ngwane, die appellant se voormalige prokureur, is as getuie vir

die appellant geroep om te sê of hy van aanranding deur die polisie teenoor

haar gekla het, soos wat appellant getuig het. Kort na die aanvang van haar

hoofondervraging het sy te kenne gegee dat sy haar lêer byderhand wou hê

om aan die hand daarvan haar geheue te verfris. Die lêer was by die

takseermeester van die Hooggeregshof te Grahamstad (die verhoor het te

Oos-Londen plaasgevind). Die regter het haar 20 minute gegee om die

takseermeester te telefoneer en te vra dat die omslag en inhoud daarvan

na Oos-Londen gefaks word. Sy het dit gedoen, maar die takseermeester

was nóg by sy kantoor nóg by sy huis bereikbaar. Hiema het dit geblyk dat

mej. Ngwane hofverpligtinge vir dieselfde dag in King Williamstown gehad

het. Dit was Donderdag. Die saak is toe uitgestel na 09h30 op Maandag

9 November 1992. Daar kan geen twyfel wees dat mej Ngwane geweet het

24

dat sy dan met haar lêer in die hof aanwesig moes wees nie. Nogtans was sy afwesig. Die hof het beveel dat 'n lasbrief vir haar arres in terme van art 188 saamgelees met art 170(2) van die Strafproseswet, 55 van 1977, uitgereik moet word. Die hof het afgestaan tot 14h30. Steeds was sy afwesig, maar die staatsadvokaat het die hof meegedeel dat hy van kaptein De Vos, die bevelvoerder van die moord- en roofeenheid, 'n boodskap van haar ontvang het te dien effekte dat sy iewers besig was en nie wou se waar sy was nie. Op die regter se instruksies is kaptein De Vos dadelik as getuie geroep om te kom getuig oor sy telefoongesprek met mej Ngwane. Sy het ook aan hom gesê dat sy weet 'n lasbrief is teen haar uitgereik en geweier om te sê waar sy was. Hiema het die hof tot 15h30 verdaag. Mej Ngwane het inmiddels opgedaag. Sy is geleentheid gegee om met appellant se advokaat te konsulteer. 'n Alterkasie het hiema tussen die regter en die advokaat ontstaan. Die getuienis van mej Ngwane oor wat appellant aan

25

haar sou gesê het, is daama aangebied. Aan die einde van haar getuienis het die regter 'n hele aantal vrae aan haar gestel. Daama is mej Ngwane aangesê om die volgende oggend om 09h00 te verskyn met die oog op die afhandeling van die lasbrief van arres. Sy het beswaar gemaak en aangedui dat sy die volgende dag in die hof te Mdantsane moes wees. Die regter het voet by stuk gehou, maar aan die staatsadvokaat opdrag gegee om te reël dat haar sake in Mdantsane uitgestel word. Die verhoor is voortgesit. Op 10 November is mej Ngwane opgeroep om haar nie-verskyning die vorige dag te verduidelik. Sy het te kenne gegee dat sy van die dienste van 'n advokaat gebruik wou maak. Die saak het weer afgestaan tot later in die dag, toe 'n advokaat wel namens haar verskyn het. 'n Lang alterkasie, alles in die teenwoordigheid van die appellant, het tussen die regter en die advokaat plaasgevind. Die ondersoek is op 11 November 1992 voortgesit. Mej Ngwane se verskoning is aangebied. Hiema is sy skuldig bevind aan

26 'n oortreding van art 170(2) van die Strafproseswet en "ontslaan".

Namens die appellant is in hierdie hof aangevoer dat 'n ernstige onreëlmatigheid begaan is deur mej Ngwane in die loop van die verhoor van haar eertydse kliënt, die appellant, te verhoor. Daar is aangevoer dat dit by hom die indruk moes gelaat het dat beide hy en sy voormalige prokureur nou beskuldigdes is en dat die hof se ontevredenheid met haar op hom kan oorwaai. Daar is egter geen getuienis wat daarop dui dat dit so 'n indruk gelaat het nie.

Volgens die letter van die wet was Rein Wnd R bevoeg om die saak te hanteer soos wat hy gedoen het. Maar 'n meer gepaste en regverdige benadering sou gewees het om dié aangeleentheid te laat afstaan en na die afhandeling van die hele verhoor te bereg. Op dié wyse kon daar geen negatiewe persepsie by die appellant en sy advokaat gewek gewees het nie en niemand kon benadeel word nie. Die punt moet egter hier gemaak word

27

dat die regter 'n plig het om dissipline in sy hof te handhaaf. Die optrede van hierdie getuie, 'n prokureur, wat van beter behoort te geweet het, was onverskoonbaar en het ferm optrede geverg.

Die optrede van die regter was dus, op sigself, nie onreëlmatig nie. Dié gevolgtrekking is egter nie die einde van die aangeleentheid nie, soos ek nou sal aantoon.

Ek het hierbo tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie gesê kan word dat die optrede van die regter, afsonderlik beskou, op sigself onreëlmatig was nie. Maar die kumulatiewe effek van sy gedrag moet ook oorweeg word, soos deur hierdie Hof in S v Sallem, supra, op 792 F-H aangedui. In daardie geval is bevind dat dit duidelik was dat die appellant ernstig en onherroeplik benadeel is en dat weens die gesamentlike effek van die onreèlmatighede geregiigheid nie geskied het nie, en dat die openbare beleid nie sai duld dat die appellant se skuldigbevinding bly staan nie.

28

Na noukeurige oorweging van die baie volledige argumente van beide advokate in hierdie Hof het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die appellant nie benadeel is nie en dat die gesamentlike optrede van die regter ook nie sodanig was dat geregtigheid nie geskied het nie. Soos reeds gemeld, is dit, en tereg, nie aangevoer dat die regter bevooroordeeld was nie.

Ten slotte ontstaan die vraag of die gemelde optrede 'n redelike suspisie van vooroordeel geskep het (sien S v Rall, supra, 834 B-D. T o v die toets van redelike suspisie, sien ook BTR Industries SA (Pty) Ltd v Metal and Allied Workers' Union 1992(3) SA 673(A) op 690 A tot 693 J).

In die onderhawige geval is daar nêrens tydens die verhoor aangevoer is dat die appellant of sy advokaat 'n redelike suspisie van vooroordeel as 'n feit gekoester het. Geen beswaar is teen die regter se optrede gemaak nie en daar was nie 'n aansoek om rekusering of vir die aanbring van 'n spesiale

29

aantekening gedoen nie. Ook wat hierdie aspek betref, kan dit na my mening nie bevind word dat die optrede van die regter sodanig was dat dit 'n redelike suspisie van vooroordeel gewek het nie.

Dit bring my dan terug na die meriete. Slegs drie aspekte verdien oorweging.

Die eerste is die toelating van die appellant se beweerde bekentenis. Aangesien die verklaring waarop die Staat gesteun het voor 'n polisiebeampte afgelê is, is die vraag of die Staat hom van die las om toelaatbaarheid te bewys, gekwyt het. In casu: het die Staat bewys dat die appellant nie deur polisiebeamptes aangerand is en daardeur gedwing is om die verklaring af te lê nie.

Die probleem wat die appellant in hierdie opsig in die oë staar is die volgende: die appellant sê hy is in die loop van Vrydagnamiddag (29 November 1991) en Saterdagoggend (30 November 1991) deur

30

polisiebeamptes by hul kantore aangerand. Volgens die voorvalleboek van

Cambridge-polisiestasie was appellant egter op die gemelde tye in

aanhouding in die selle. Appellant se advokaat het die korrektheid van die

inskrywings in die voorvalleboek toegegee. As die inskrywings aanvaar

word, is daar beswaarlik ruimte vir verwerping van die polisiegetuies se

ontkenning van enige aanranding. Daar is ook geen stawing vir die

appellant se bewerings van aanranding nie. Niemand het beserings aan hom

opgemerk nie. Vyf dae na sy arrestasie is hy deur dr Hairwadzi behandel

vir infeksie van die testes. Volgens die mediese getuienis is dit nie deur

aanranding veroorsaak nie.

Die bekentenis is dus tereg toegelaat. Die inhoud daarvan stem

presies ooreen met die bewese objektiewe feite. Dit lees soos voïg:

Dit was by my huis, Siluimi het begin met die ding, dit was by A D Geddie Thornvlei Rd. Ons het in die rigting van Gonubie geloop, ons het

31 met 'n gruispad afgeloop. Ons het in 'n gruispad gaan sit en wag. Silulmi het gesê ons moet hier wag want daar gaan 'n voertuig verby kom. Ek is nie seker van die plek. Ons het 'n ou dooie boom (sgodo) geneem en oor die pad getrek wat afdraai. Ons het ongeveer 10 minute gewag en 'n wit vrou het opgedaag in 'n motor. Sy het stilgehou en uitgeklim om die dooie boom uit die pad te neem. Ons het toe na haar toe beweeg en vasgegryp. Silulmi het sy lyfband afgehaal en die vrou se hande agter haar rug vasgemaak. Ons het haar in die agtersitplek van die motor gesit. Silulmi het in die voertuig geklim en dit agteruit gery en gedraai in die pad. Ek het agter die wit vrou gesit. Ons het gery vir ongeveer 'n half kilo (sy woorde) en het duskant 'n stroom stilgehou. Ek het voorgestel dat ons moet haar vasmaak en daar los. Silulmi wou haar steek met 'n mes maar ek het hom gekeer. Op hierdie stadium het ek 'n beursie by die vrou se rok uitgehaal en die geld verwyder wat R50 beloop. Die beursie het ek op die grond neergegooi. Ons het haar uit die kar gedra/sleep tot by 'n struiker aan die kant van die pad. Silulmi het toe haar wit panty (sy woorde) uitgetrek en haar verkrag. Ons het haar toe met klippe aangerand. Ons het 'n aankomende motor gehoor en toe weggehardloop. My hart is baie

32

seer oor wat ek gedoen het.

Uit die bekentenis blyk dit buite twyfel dat die appellant aan moord skuldig is.

Die tweede aspek wat oorweging verdien is of die hof a quo tereg die appellant se alibi-verweer verwerp het, waar die bewyslas op die Staat berus om aan te toon dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie.

Dit moet van meet af aan gesê word dat dit nogal moeilik is om in een en dieselfde asem te bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die verdoemende bekentenis van die appellant toelaatbaar is en dan te bevind dat die Staat nie bewys het dat die alibi-verweer, wat reëlreg met die bekentenis in stryd is, vals is nie. Of die bekentenis is vals, óf die alibi-verweer is vals. Na my mening het die hof a quo tereg bevind dat die alibi valslik opgewerp is. Die beskuldigde het nie self hieroor getuig nie, maar vier getuies (Rai Morga Lloyd, Cqwetha Kwepile, Yinkie Skeyi en Simon

33 Mditswa) geroep om te getuig dat appellant op die betrokke dag heeldag by

sy ouerhuis op die plaas van ene Taylor was.

Die hof a quo het hierdie getuienis op verskeie gronde verwerp. Daar kan na my mening nie met hierdie bevinding ingemeng word nie. Die appellant het verkies om nie te getuig nie en in die lig van die bekentenis, die mediese getuienis en die ander getuienis van die Staat, kan daar geen twyfel wees dat die appellant hom aan moord skuldig gemaak het nie.

Die derde van die drie aspekte waama ek hierbo verwys het en wat oorweging verdien, is of appellant ook aan verkragting skuldig is. Dit sal opgemerk word dat die appellant nie erken het dat hy die oorledene verkrag het nie. Ek meen egter dat dit bo redelike twyfel blyk dat die twee beskuldigdes deurgaans met 'n gemeenskaplike bedoeling om die oorledene se motor tot stilstand te bring, haar gevange te neem, te beroof en aan te rand, opgetree het. Die oorledene is die bosse ingesleep. Volgens die

34

getuienis is dit duidelik dat sy verkrag is. Indien die appellant die oorledene nie self verkrag het nie, is die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word dat hy ten minste 'n medepligtige aan die verkragting was.

Die appèl teen die skuldigbevindings kan dus nie gehandhaaf word nie. Die doodsvonnis moet, in die lig van S v Makwanyane and Another 1995(3) SA 391(CC) tersyde gestel word en die vonnis op die moordklag moet na die verhoorhof terugverwys word vir vonnisoplegging opnuut.

Geen submissies is gemaak ten aansien van die gevangenisstraf aan beskuldigde ten aansien van die verkragting opgelê nie. Daar is op geen wanvoorligting gewys nie en myns insiens kan nie gesê word dat die vonnis onvanpas is nie.

Die volgende bevel word gemaak: 1. Die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 en 2 word van

35 die hand gewys.

  1. Die doodvonnis deur die hof a quo opgelê ten opsigte van aanklag 1 word tersyde gestel en hierdie aangeleentheid word na gemelde hof terugverwys vir vonnisoplegging opnuut ten aansien van gemelde aanklag.

  2. Die appel teen die vonnis ten aansien van aanklag 2 word van die hand gewys.

Stem saam:

F H Grosskopf AR Van Coller Wnd AR

▲ To the top

Cited documents 1

Legislation 1
  1. Criminal Procedure Act, 1977

Documents citing this one 0